Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas wat dalk met skietery in Melville verbind kan word
Van die vuurwapens waarop die polisie beslag gelê het in Kliprivier, Gauteng. Foto: SAPD

Vyf mans wat glo deel is van ’n sindikaat wat betrokke is by ontvoerings, is Donderdag in ’n huis in Kliprivier in die suide van Gauteng in hegtenis geneem.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die moontlikheid word ook ondersoek dat dié mans betrokke was by ’n voorval met die Nuwejaarsvieringe by die restaurant Poppy’s in Melville, Johannesburg, toe mense in ’n swart BMW-sportnutsvoertuig in die verbyry op klante losgebrand het. Twee vroue is dood en ses ander mense is beseer.

Kort daarna het ’n voertuig oor die M2-brug in Newtown gery en op mense op die Mary Fitzgerald-plein losgebrand. 11 mense is daar beseer.

“ ’n 72-jarige man van Indiese afkoms is verlede maand ontvoer en nog nie gevind nie. Leidrade het die ondersoekspan na die huis in Kliprivier gelei.

“Die polisie is ook op die spoor van die eienaar van die huis waar die mans in hegtenis geneem is,” het Naidoo gesê.

“Drie van die vyf mans sal van ontvoering aangekla word terwyl die ander twee met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie verbind word,” het Naidoo gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op ’n weermaguniform asook verskeie vuurwapens en ammunisie wat in die tuin by die huis begrawe is. Die vuurwapens sluit onder meer handwapens, twee AK-47-gewere, ’n Uzi-masjiengeweer en twee haelgewere in.

“Die moontlikheid word ondersoek dat dié vuurwapens met die skietvoorvalle in Melville en Newtown verbind kan word,” het Naidoo gesê.

Die vyf mans is in aanhouding en sal eersdaags in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.