Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas wat glo Kaapse haarkapper beroof

Die polisie en buurtwaglede het Maandag in Rondebosch, Kaapstad, vinnig opgetree en vyf vermeende rowers vasgetrek wat glo ’n haarkapper beroof het.

Die vermeende rowers is om 11:30 ná die rooftog agternagesit en by ’n brug in Wettonweg vasgetrek.

Siyabulela Malo, polisiewoordvoerder, sê ’n klag van sakeroof word ondersoek nadat ’n haarkapper in Imam Haronweg beroof is.

“Die vermeende rowers het die eienaar na bewering gedreig en daarna met vyf selfone en ’n onbekende bedrag geld gevlug.”

Beslag is gelê op die mans se vuurwapens en kontant.

Malo het gesê die vermeende rowers sal binnekort in die hof verskyn.

Foto’s van die toneel waarop die vyf in hegtenis geneem is, is die oggend ook op sosiale media gedeel.

Meer oor:  Rondebosch  |  Polisie  |  Haarkapper  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.