Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas wat hulle glo as polisielede voordoen

Vyf mans wat hulself as polisielede voorgedoen het, is in Thabazimbi, Limpopo, in hegtenis geneem.

Lt.kol. Mampashwa Seabi, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die mans is tussen 27 en 44 jaar oud en is in die Skierlik-nedersetting in Hoopdal buite Thabazimbi aangekeer.

Hy sê die polisie het ’n klag ontvang dat die mans hulself glo in ’n taverne as polisielede voorgedoen het.

Die koeëlvaste polisiebaadjie waarop die polisie in Thabazimbi afgekom het. Foto: SAPD

Die polisie het Maandag op die mans toegeslaan. Hulle het in ’n Volkswagen Polo probeer vlug, maar is vasgetrek.

Seabi sê daar is in die motor afgekom op ’n koeëlvaste polisiebaadjie, die broek van ’n polisie-uniform, ’n polisiebelt, twee polisiekentekens met die range van konstabel daarop en ’n 9 mm-pistool.

Daar is ook op patrone, ’n polisieglimbaadjie en die Volkswagen Polo, wat vermoedelik gesteel is, beslag gelê.

Die polisie is besig om vas te stel of die mans moontlik met vorige misdade verbind kan word.

Die vuurwapen waarop die polisie in Thabazimbi beslag gelê het. Foto: SAPD

Hulle sal eersdaags in die landdroshof in Thabazimbi op aanklagte van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen asook onwettige ammunisie en dat hulle hulself as polisielede voorgedoen het, verskyn.

Seabi sê die ondersoek sal vasstel waar hulle aan die uniforms gekom het.

Meer oor:  Limpopo  |  Polisielede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.