Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vas wat vermeende veediewe glo aan brand steek

Drie mans wat van veediefstal beskuldig was, het gesterf toe ’n verwoede groep hulle buite Lebowakgomo in Limpopo met klippe bestook en aan die brand gesteek het.

Van die beeste wat verlede week glo buite Lebowakgomo gesteel en weer teruggekry is. Foto: SAPD

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, is vyf mans reeds Maandag vir die wrede moorde in die Dithabaneng-nedersetting in die Ga-Mphahlele-distrik in hegtenis geneem.

Die beskuldigdes, wat tussen 44 en 66 jaar oud is, sal eersdaags in die landdroshof in Lebowakgomo op drie aanklagte van moord en ’n aanklag van opsetlike saakbeskadiging verskyn.

Mojapelo sê twee van die vermeende veediewe is onherkenbaar in die bakkie verkool, terwyl die derde op pad na ’n hospitaal gesterf het. Hul identiteit sal hopelik deur middel van forensiese toetse bepaal kan word.

Volgens hom het die drie mans glo nege beeste van ’n inwoner van die Bolopa-nedersetting langs die R37 in die Lebowakgomo-gebied gesteel.

Hulle is na bewering op heterdaad betrap en eers met klippe bestook en toe in die bakkie, waarmee hulle ’n sleepwa gesleep het om die beeste op te laai, aan die brand gesteek.

Die polisie ondervra tans vroue op die plaas waar die beeste aangehou is. “Moontlik nog mense kan in hegtenis geneem word,” sê hy.

Die wrak van die bakkie waarin die vermeende veediewe buite Lebowakgomo verbrand is.

Volgens Mojapelo het die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, veediefstaleenheid en lede van die Lebowakgomo-polisie onverpoos gewerk om die vyf verdagtes aan te keer.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiekommissaris in Limpopo, het die voorval veroordeel en weer ’n beroep op die publiek gedoen om hulle nie aan boendoegeweld skuldig te maak nie. “Daar is geen plek daarvoor in ons samelewing nie.”

Meer oor:  Limpopo  |  Brand  |  Veediewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.