Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vermeende bomplanters in Mpumalanga vas
Die skokbuise waarop die polisie beslag gelê het.Foto: VERSKAF

Die Valke het Vrydag in samewerking met die polisie se taktiese-reaksie-eenheid en lede van die Kabokweni-polisiekantoor in Mpumalanga toegeslaan op vyf mans wat na bewering ’n kluis vol Krugerrande wou opblaas.

Die vyf verdagtes – Hamilton Mathebula, Mthabeleng Mngwenya, Bheki Nkosi, Mthombisi Vicent Hlongwane en Sbongile Eddie Nkosi, tussen die ouderdomme van 25 en 38 – het almal vlugtig Dinsdag in die landdroshof in Kabokweni verskyn.

Hulle is van die onwettige besit van plofstof aangekla en sal tot en met hul volgende hofverskyning Woensdag in polisieaanhouding bly.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, Valke-woordvoerder, sal die hof Woensdag ’n datum vir hul formele borgtogaansoek vasstel.

Die verdagtes wou volgens Sekgotodi ’n kluis by ’n kerk in Chweni wat aan die Khumbulani Trust in die Kabokweni-omgewing behoort, opblaas. Hulle het glo vermoed daar is Krugerrande en kontant in dié kluis.

“Die gesamentlike taakspan het die verdagtes op pad na die kerk toe onderskep en onmiddellik in hegtenis geneem,” sê Sekgotodi.

Die verdagtes het volgens haar 42 skokbuise ter waarde van sowat R60 000 in hul besit gehad. Die polisie het ook op ’n BMW met die registrasienommer DFR 761 MP beslag gelê.

Die plofstof wat die rowers na bewering wou gebruik om die kluis oop te skiet. Foto: VERSKAF
Meer oor:  Mpumalanga  |  Rooftog  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.