Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 vermeende stropers in Limpopo gevang

Vyf vermeende renosterstropers is Donderdag deur die polisie in samewerking met misdaadbestrydingsorganisasies in Limpopo in hegtenis geneem.

Oudkol. Gawie Louwrens van Bosveld-misdaadondersoeke sê hulle het sedert Maandag saam met die polisie se eenheid vir bedreigde spesies en ’n plaaswag gewerk om die mans in hegtenis te neem.

Dié messe is glo by vyf vermeende renosterstropers gekry wat Donderdag in Limpopo in hegtenis geneem is.

Die mans het sedert verlede jaar glo saam met ’n renosterstroopsindikaat gewerk. Hulle het glo renosters op private wildplase in die Waterberg-distrik van Limpopo vir hul horings doodgemaak.

Van die mans is werkers op die private wildplase. Hulle het glo inligting oor waar die renosters op die plase is aan lede van die sindikaat verskaf in ruil vir geld.

Geldnote is gekry in die plek waar vyf vermeende renosterstropers in Limpopo in hegtenis geneem is.

Louwrens sê daar is op geld, selfone, SIM-kaarte, messe, skoene en klere beslag gelê toe die mans in hegtenis geneem is.

Die mans was vermoedelik betrokke by ten minste vyf renosters wat vir hul horings doodgemaak is.

Die mans sal eersdaags in die landdroshof in Witpoort verskyn, sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo.

Meer oor:  Limpopo  |  Aangekeer  |  Renosters  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.