Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 wagte beseer toe transitorowers toeslaan

Vyf veiligheidswagte is beseer toe hulle onder transitorowers deurgeloop het.

Volgens Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die veiligheidsmaatskappy Fidelity, is twee wagte Dinsdag lig beseer toe hulle geld by ’n kliënt in Gauteng opgelaai het, terwyl drie wagte Maandag ernstig beseer is tydens ’n transitorooftog in Mpumalanga.

Die voorval Dinsdag was omstreeks 12:00 by die Saxby Spar in Centurion.

Bartmann sê die een wag het ’n boks met kontant by die kliënt gaan haal toe hy oorval is. Die rowers het met ’n onbekende bedrag gevlug.

Die ander wag was glo in die transitovoertuig en dit is onduidelik hoe hy beseer is.

Bartmann sê die rowers het skote gevuur, maar niemand is raakgeskiet nie.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder in Gauteng, het die voorval bevestig, maar nie kommentaar daarop gelewer nie.

Maandag se voorval was omstreeks 12:10 tussen Graskop en Bosbokrand.

Muridili sê die geldwa was op die R532-pad na Graskop onderweg toe dit deur gewapende rowers in drie motors van die pad gedwing is.

“Die geldwa het gerol en die drie wagte is ernstig beseer en na ’n nabygeleë hospitaal gebring. ’n BMW wat tydens die rooftog gebruik is, is op die toneel aan die brand gesteek,” sê Muridili.

Bartmann sê hul wagte en transitovoertuie is toenemend in rowers se visier sedert die inperkingsmaatreëls verslap is.

“Dit het beslis ’n groot invloed omdat mense nie nou meer bang is om rond te beweeg nie en die polisie minder sigbaar is.”

Bartmann sê daar was tussen Maandag en Dinsdag “nog pogings”, maar wou nie daaroor uitwei nie.

Meer oor:  Centurion  |  Transitorowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.