Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 wat glo R80 000 se parfuum buit, vasgetrek

Vyf verdagtes is Woensdagoggend ná ’n jaagtog in Port Elizabeth in hegtenis geneem nadat hulle glo parfuum ter waarde van R80 000 in ’n winkelsentrum in Port Alfred in die Oos-Kaap gesteel het.

Kapt. Mali Govender, ’n polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is net twee uur ná die voorval aangekeer.

Volgens haar het twee van die vyf verdagtes omstreeks 09:00 by ’n kettingwinkel ingestap en die twee vroulike winkelassistente gevra om hulle te help om parfuum uit te soek. Nog twee mans het hulle by die verdagtes aangesluit en glo vir die assistente gesê dat hulle gekom het om die winkel te beroof. Hulle het gevra dat die parfuum in sakke gepak word wat hulle saamgebring het.

“ ’n Veiligheidswag van die winkelsentrum het tydens sy rondes na die winkeldeur gekom terwyl die verdagtes besig was om die winkel te verlaat. Die bestuurder van ’n nabygeleë supermark het probeer om die verdagtes agterna te sit, maar hy is met ’n vuurwapen gedreig. Die rowers het daarna in ’n grys motor weggery,” sê Govender.

Polisie-eenhede van Port Alfred, sowel as Port Elizabeth, is van die voorval in kennis gestel en lede van Port Elizabeth se blitspatrollie het die motor in die omgewing van Coega gewaar.

Govender sê die polisie het ná ’n jaagtog daarin geslaag om die motor by ’n vulstasie in Motherwell tot stilstand te dwing. Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 20 en 32 is in hegtenis geneem en daar is op twee vuurwapens beslag gelê. Die gesteelde parfuum is in die motor gevind.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Port Alfred  |  Diefstal  |  Misdaad  |  Parfuum  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.