Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
59-jarige weduwee in haar huis in Upington verkrag

’n Weduwee van Upington is Sondagoggend in haar huis in die Keidebees-woonbuurt aangeval en verkrag. Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n klag van inbraak en verkragting nadat die 59-jarige vrou Sondag in die vroeë oggendure deur ’n onbekende man in haar huis oorval en verkrag is.

Masegela sê die man het daarna geld gebuit en gevlug.

Dit is die derde aanval op ouer vroue in Upington binne ’n bestek van ses maande.

Judy Redelinghuys (71) is op 30 Junie by haar huis in Budlerstraat vermoor. Haar dogter Leanne Arnon het die betrokke middag op haar ma se lyk in die swembad by die huis afgekom nadat sy haar nie telefonies kon bereik nie en na haar gaan soek het. Redelinghuys se hande was agter haar rug vasgebind.

Nkosinathi Ntombela (34) van die buurt Louisvale Road is op 4 November in verband met die moord op Redelinghuys in hegtenis geneem.

Hannatjie Kruger (80) is die middag van 16 November in haar seun se huis in Middelpos in Upington oorrompel en vermoor. Ook haar dogter, Marika Nel, het op haar afgekom nadat Kruger nie by die skool opgedaag het om haar kleinkinders te kom haal nie.

Niemand is nog in verband met Kruger se moord vasgetrek nie.

Masegela sê die polisie doen ’n dringende beroep op die publiek om met inligting na vore te kom wat hulle kan help om die man vas te trek wat die vrou Sondagoggend aangeval het.

“Enigeen met inligting kan kapt. Koos van den Heever by 082 302 0442 bel. Alle inligting sal as streng vertroulik hanteer word.”

Meer oor:  Upington  |  Weduwee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.