Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 aangekeer ná diefstal by staatskantoor in Upington

Ses vermeende diewe is Sondag vir die diefstal van staatseiendom by die departement van gesondheid se distrikskantoor in Upington in die Noord-Kaap in hegtenis geneem.

Een van die verdagtes is ’n algemene werker van die departement en die ander vyf is veiligheidswagte van ’n veiligheidsmaatskappy.

Die drie mans en drie vroue wat vir die diefstal van staatseiendom by die departement van gesondheid se distrikskantoor in Upington in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf
Van die items wat by die departement van gesondheid se distrikskantoor in Upington gesteel is. Foto: Verskaf

Volgens sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, het die polisie inligting ontvang oor skoonmaakmiddels en ander items wat sonder toestemming uit die distrikskantoor verwyder is.

Masegela sê drie mans en drie vroue tussen 30 en 51 jaar, het na bewering die gesteelde items tussen hulle verdeel.

“Nog goedere is by een van die verdagtes se huis geberg om glo later verder versprei te word,” sê Masegela.

Die inligting wat die polisie met behulp van die personeel van die veiligheidsmaatskappy ontvang het, het daartoe gelei dat die verdagtes se huise deursoek is.

“Die polisie het die goedere wat aan die departement van gesondheid behoort en wat persoonlike beskermende klere, skoonmaakmiddels en ’n televisiestel en ’n lugverkoeler insluit, hier opgespoor.”

Masegela sê die verdagtes sal binnekort in die hof in Upington op aanklag van die diefstal van staatseiendom verskyn.

Brig. Sampie Koopman, waarnemende distrikskommissaris van die ZF Mgacuwu-kantoor, sê misdadigers wat staatseiendom steel sal vasgetrek en vervolg word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.