Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 aanvallers pak man in vroeë oggendure

“Ek het wakker geword met ’n klomp mense wat op my sit en my aanrand,” sê Willem Rademeyer (64) van Warden in die Vrystaat.

Rademeyer, ’n pensioentrekker, sê hy het Donderdag omstreeks 02:00 wakker geword toe vier mans hom op sy bed aangeval het.

Hy bly alleen in sy huis in Beukesstraat.

Willem Rademeyer van Warden is in sy huis deur ses mans aangeval. Foto: Verskaf

Hulle het hom van sy bed geruk en toe hy op die vloer lê, begin skop terwyl twee van hulle hom ook met ’n skroewedraaier en ’n els gesteek het.

“Een het ’n rewolwer teen my kop gedruk en gesê hulle soek geld, hulle gaan my skiet.”

Hy sê vier mans het hom aangerand terwyl nog twee toegekyk het.

"Toe ek sê ek het nie geld in die huis nie het hulle op my gespring en een het begin om my met die skroewedraaier in die kop te steek," sê hy.

Die aanvallers het Rademeyer se hande en voete vasgebind en die huis omgekeer op soek na waardevolle artikels.

Die rowers het sy kluis oopgebreek en kontant uitgehaal en ook geld wat hy by hom in ’n beursie gehad het gevat.

Hulle het met sy televisiestel, sy skootrekenaar en selfoon gevlug.

“Teen halfvier se kant het dit stil geword en ek het my tande gebruik om die toue om my hande af te kry.”

Hy het na Joey van den Heever, sy suster, wat ook in Warden bly, gery om hulp te kry.

Rademeyer sê hy moes Donderdag steke in sy kop kry waar die aanvallers hom met die skroewedraaier en ’n els gesteek het.

Hy moes ook X-strale laat neem omdat daar moontlik ’n beentjie in sy gewrig of hand gebreek is.

Rademeyer sê die els waarmee die mans hom gesteek het, is die soort wat ’n mens gebruik om gaatjies in motorbande reg te maak.

Hy sê die mans het die hele tyd met hom Afrikaans gepraat en klapmusse gedra. Hulle het in ’n Afrika-taal met mekaar gepraat.

“Ek het niemand wat in my huis of tuin werk nie en doen al my werk self. Ek weet nie hoekom hulle gedink het ek het baie geld nie,” sê hy.

Rademeyer is besig om sy huis se vensterrame te verf en sê daar was net een venster waar die diefwering afgehaal was om die raam te verf.

Die rowers het by dié venster ingekom. Hy het hoë mure om sy erf en die mans het oor ’n muur tussen hom en die bure geklim.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Hy sê inwoners wat inligting het wat kan help om die rowers aan te keer moet die polisiekantoor in Warden skakel.

Meer oor:  Warden  |  Aanvallers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.