Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 amptenare vas oor omkopery
Sers. David Mahlare Ntuli Foto: Verskaf
Lucky Mabena Foto: Verskaf
Khethiwe Mkhabela Foto: Verskaf

Die Valke se ondersoekeenheid na ernstige korrupsie in Mpumalanga het Vrydag ses staatsamptenare oor omkoopgeld aangekeer, met nog arrestasies wat kan volg.

Vier verkeersbeamptes en twee polisielede word daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld van motoriste geëis het.

Khethiwe Mkhabela (42) en Lucky Mabena (37), twee verkeersbeamptes van Malelane, en sers. David Mahlare Ntuli (34), van die polisie se eenheid vir openbare orde in Middelburg, is dieselfde dag op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Hulle het op aanklagte van korrupsie in die landdroshof in Komatipoort verskyn.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, Valke-woordvoerder, sê die saak is vir verdere ondersoek tot 12 Julie uitgestel.

Volgens Sekgotodi word veral buitelandse motoriste vir omkopery geteiken.

Sy sê die ander twee verkeersbeamptes en polisielid sal Maandag onderskeidelik in die landdroshof in Middelburg en Belfast op aanklagte van korrupsie verskyn. Hul identiteit mag nie bekend gemaak word nie, omdat hulle nog nie in die hof verskyn het nie.

“Dit word beweer dat die verdagtes vandeesmaand in April omkoopgeld van motoriste langs die N4 tussen Komatipoort en Middelburg geëis het.”

Sy sê die Valke samel al ’n geruime tyd inligting in om die verdagtes voor die hof te daag. Dit is nadat owerhede talle klagtes van motoriste oor dieselfde verdagtes ontvang het.

“Ons het ook ons eie intelligensie-operasie uitgevoer waar ons hulle op heterdaad betrap het.”

Meer oor:  Omkopery  |  Korrupsie  |  Valke  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.