Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 gesoek ná rooftog in Capegate-sentrum
Die rowers vlug uit die Capegate-winkelsentrum. Foto: Verskaf

Die polisie soek na ses mans ná ’n gewapende rooftog Woensdagaand by Foschini in die Capegate-winkelsentrum in Brackenfell.

Die mans, gewapen met ’n hamer en ’n vuurwapen, het ’n vertoonkas in die winkel gebreek en verskeie selfone daaruit gesteel, sê Amanda McCarthy, woordvoerder van die sentrum.

Geen skote is geskiet nie en niemand is beseer nie.

“Ons veiligheidswag wat in die omgewing was, het ondersoek ingestel toe hy omstreeks 18:30 glas hoor breek, en hy het dadelik hulp ontbied.

“Verskeie veiligheidswagte het reageer en die rowers gejaag. Die voertuig waarin hulle gevlug het se nommerplaat is aan die polisie gegee en hulle het dit verder geneem.”

Op Facebook word foto’s van die verdagtes in ’n swart Nissan Navara-bakkie met ’n CCD-nommerplaat gesirkuleer. Die nommerplaat is na bewering vervals.

Die polisie ondersoek die sakeroof, sê sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder.

“Volgens inligting het die gewapende rowers die werknemers gedreig en vertoonkaste gebreek.

“Hulle het weggekom met ’n onbekende hoeveelheid selfone. Die polisie volg leidrade op om die oortreders op te spoor.”

Al die winkels in die sentrum was Donderdag weer oop.

Meer oor:  Rooftog  |  Capegate-Winkelsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.