Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 glo vas ná chaos in Vodacom-winkel

Ses mans wat glo Sondag die Vodacom-winkel in die Mall of the North in Polokwane geplunder het, is in hegtenis geneem.

Die Vodacom-winkel in die Mall of the North in Polokwane wat Sondag geplunder is. Foto: Verskaf

Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, sê die polisie het hom ingelig dat die mans Woensdagaand in Polokwane in hegtenis geneem is.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, kon dit nie bevestig nie en het alle navrae na brig. Motlafela Mojapelo, hoof van polisiekommunikasie in Limpopo, verwys.

“Ons is besig met ’n verklaring,” het Mojapelo in ’n teksboodskap laat weet.

Smalle het Maandag ’n klag van opsetlike saakbeskadiging by die polisie in Polokwane ingedien ná die voorval Sondag by die winkel.

’n Groep mans in rooi EFF-hemde en barette het stoele en tafels in die Vodacom-winkel in die Mall of the North omgegooi.

Selfone en tablette is van die rakke geruk.

Geskokte werknemers het saam met klante in die stoorkamer van die winkel geskuil.

Video's en foto’s van die chaos is op sosiale media versprei.

Smalle sê minstens R500 000 se skade is aangerig.

Jossey Buthane, EFF-leier in Limpopo, hou vol dat die party nie betrokke was by die voorval nie.

Hy kan nie verduidelik hoekom die mans wat die winkel ingestorm het, EFF-hemde en barette gedra het nie.

Verteenwoordigers van Vodacom se hoofkantoor het Maandag met die EFF-bestuurslede in Johannesburg vergader.

Die EFF was ontstig omdat Mavuso Msimang, voorsitter van Corruption Watch, verlede Donderdag in Johannesburg, by Vodacom se Joernalis van die Jaar-geleentheid ’n foto gewys het met ’n foto van Julius Malema, EFF-leier, en Floyd Shivambu, adjunkleier, met die opskrif “Misbruikers van die demokrasie”.

Luidens ’n gesamentlike verklaring van Vodacom en EFF “beskou albei partye die saak as afgehandel”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.