Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6-jarige verseg dat rower TV buit

’n Dapper sesjarige meisie van die Oos-Kaap het botweg geweier dat ’n huisrower die televisiestel steel waarop sy besig was om iets te kyk.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ’n huiswerker in Greenbushes, Port Elizabeth, het in die etensuur na haar woonstel op dieselfde erf gegaan vir middagete.

Die huiswerker se kind het in die werkgewer se huis televisie gekyk.

’n Onbekende man, gewapen met ’n kapmes, het die vrou in haar blyplek oorval.

Hy het haar van haar selfoon en beursie met R1 000 kontant in beroof en haar gedwing om saam met hom na die hoofhuis te gaan.

Die rower wou toegang hê tot ’n kluis in die huis.

Hy het die kind in die huis gedreig en die ma aangesê om die televisiestel te ontkoppel.

Die meisie was glo geensins geïntimideer deur die rower nie en het voor die televisiestel gaan staan en geweier dat die man dit vat.

’n Slapende bejaarde in die huis het intussen wakker geword van die lawaai en uit haar kamer gekom.

Die rower het geskrik, ’n skootrekenaar gegryp en gevlug.

Die noodknoppie in die huis is gedruk en ’n

polisie-eenheid het die gebied begin fynkam.

’n Verdagte is naby ’n plakkerskamp met die gesteelde selfoon en twee skootrekenaars in sy besit aangekeer.

Die man word aangekla van huisroof en die besit van gesteelde goedere.

Slagoffers van wie ’n skootrekenaar gesteel is, kan 083 594 3980 skakel.

Die gebiedskommissaris vir Nelson Mandelabaai, genl.maj. Thembisile Patekile, het die meisie vir haar dapperheid geloof en sê die polisie is baie bly dat sy geen leed aangedoen is nie.

Patekile sê mense moenie deure oop los nie, ongeag of hulle binne of buite die huis is.

Meer oor:  Rower  |  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.