Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 lede van Kaapse bende-eenheid geskiet

Ses lede van Kaapstad se bende-eenheid, wat pres. Cyril Ramaphosa verlede jaar November met groot fanfare bekend gestel het, is Woensdag in die vroeë oggendure geskiet.

"Twee is in 'n ernstige toestand en die ander vier is minder ernstig gewond," het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê. 

Volgens Potelwa het die polisielede 'n moordverdagte in die informele nedersetting Sweet Home Farm in Samora Machel in Nyanga aangekeer en na nog 'n verdagte gesoek toe op hulle geskiet is.

Uniformlede van die bende-eenheid tydens die bekendstelling op 2 November 2018. Foto: Jaco Marais
Netwerk24 Foto: Jaco Marais

"Die skote is vanuit 'n plakkershut afgevuur."

Al ses die gewonde polisielede is in 'n hospitaal opgeneem.

Die polisie het 'n reuse-soektog van stapel gestuur.

"Die gebied is nie baie toeganklik nie, omdat die hutte baie naby aan mekaar gebou is. Dit beteken dat baie gevaarlike misdadigers daar kan wegkruip," het Potelwa gesê.

Meer oor:  Moord  |  Hinderlaag  |  Misdaad  |  Bende-Eenheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.