Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 rowers in KZN doodgeskiet, omstander sterf ook

Ses mans, wat glo probeer het om ’n slaghuis te beroof, en ’n omstander is in KwaZulu-Natal dood.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê die mans het Vrydagaand ’n slaghuis in Mtubatuba, in die noorde van KwaZulu-Natal, beroof.

Hulle was vermoedelik deel van ’n onbekende aantal rowers wat op die slaghuis toegesak het.

“Polisiebeamptes van die Durbanse Taakmag het die hulle agtervolg en dit het uitgeloop op ’n skietery. Ses verdagtes, wat vermoedelik in hul dertigs was, is op die toneel dood verklaar. Drie ongelisensieerde vuurwapens en 31 patrone is ook op die toneel gekry,” het Mbele bygevoeg.

’n 33-jarige omstander is in die been geskiet en is na ’n plaaslike kliniek geneem waar hy later dood is.

“Die verdagtes se voertuig is teruggevind en geskut vir verdere ondersoek. Die ander verdagtes wat in drie voertuie gevlug het, word steeds gesoek,” het Mbele gesê.

Die polisie ondersoek klagte van poging tot sakeroof, poging tot moord, en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Meer oor:  Kwazulu-Natal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.