Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 rowers ná reeks sakerooftogte vasgetrek

Ses rowers wat vermoedelik by ’n reeks sakerooftogte in Kaapstad betrokke was, is agter tralies.

’n Gesamentlike operasie tussen die stad se wetstoepassers en die polisie het daartoe gelei dat die verdagtes in die Mowbray-gebied vasgetrek is nadat wetstoepassers ’n wenk opgevolg het oor ’n verdagte wit bakkie wat op bouterreine gesien is.

Mihlali Majikela, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die

ses mans tussen 30 en 40 jaar oud is Dinsdag in verband met ’n sakerooftog Sondag aangekeer.

“Die modus operandi stem ooreen met sowat 20 soortgelyke sake wat verband hou met huisbraak en huisrooftogte wat in Bothasig, Table View, Paarl, Stellenbosch en Brackenfell aangemeld is.”

Volgens Wayne Dyason, ’n woordvoerder van die Kaapse metroraad se wetstoepassingsafdeling, is die verdagtes se voertuig, wat ’n gekloonde nommerplaat het, met meer as 20 rooftogte in die stad verbind.

Dyason sê in ’n ondersoek is bevind dat die lisensie-skyfie vervals is.

“Toerusting is ook gevind wat in verskillende sakerooftogte gebruik is, insluitend kabelbinders wat gebruik is om veiligheidswagte vas te bind, koevoete, boutkappers en glimbaadjies.”

Majikela sê al ses verdagtes sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Bellville verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.