Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 sterf op paaie in W-Kaap; 26 vir ‘dronkry’ vas

Ses mense is die naweek op Wes-Kaapse paaie dood en 26 bestuurders is in padblokkades vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Kenny Africa, verkeershoof, het gesê die helfte van die mense wat tussen Saterdag en Sondag gesterf het, was voetgangers. Hulle het in Worcester, Ravensmead en Moorreesburg gesterf.

’n Padblokkade in die Swartland. Foto ter illustrasie. Foto: Son

Een passasier van ’n voertuig in Mitchells Plain, een bestuurder in Parow en ’n motorfietsryer in Vredenburg het ook gesterf.

Altesaam 26 bestuurders is vir bestuur onder die invloed van drank in hegtenis geneem.

Africa het gesê 2 607 voertuie is gestop, 1 913 bestuurders is getoets en 26 bestuurders is in hegtenis geneem.

Die hoogste telling was ’n bestuurder van Worcester wat met telling van 2,16 mg/1 000 ml nege keer oor die wettige perk was.

Nog ’n persoon is in hegtenis geneem nadat hy met vervalste dokumentasie gevang is. Altesaam 282 boetes met ’n waarde van R453 500 is uitgereik.

Daarbenewens is 266 bestuurders vir spoedoortredings vervolg. Die hoogste oortreding was ’n bestuurder wat in Brackenfell 165 km/h in ’n 120 km/h-sone gery het. Op Somerset-Wes is ’n bestuurder gevang wat 115 km/h in ’n 80 km/h-sone gery het.

Meer oor:  Kenny Africa  |  Moorreesburg  |  Worcester  |  Ravensmead  |  Dronkbestuur  |  Ongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.