Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 vas ná dood van 7 mense in bakleiery in Oos-Kaap

Ses mense is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige bakleiery wat op Kersdag gelei het tot die dood van sewe mense.

Die hulp van die weermag is ingeroep en die polisie het sy 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel om die verdagtes vas te trek.

Die bakleiery tussen die twee groepe van onderskeidelik Mpeni en Nokhatshile in EmaXesibeni het Kersdag omstreeks 05:00 begin en hou vermoedelik verband met taxi-faksies en afleweringsvoertuie in die omgewing.

Behalwe vir die sewe mense van Nokhatshile wat dood is, is nog ses mans van albei groepe weens ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Die polisie het ’n grootskaalse soektog gelas na verdagtes in die berge van Mount Ayliff in die Oos-Kaap. Foto: Verskaf

Brig. Vish Naidu, nasionale polisiewoordvoerder, sê hulle is Saterdag in hegtenis geneem, kort nadat hulle uit die hospitaal ontslaan is.

Hulle is volgens Naidu onder die 12 mense wat met beserings in die hospitaal beland het.

“Daar is ’n moontlikheid van nog inhegtenisnemings.”

Lt.genl. Sindile Mfazi, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het die polisie se aktiveringsplan in werking gestel en nog lede van misdaadintelligensie, forensiese dienste en speurders ingeroep om gemoedere in die omgewings ná die voorval te kalmeer.

Sewe mense is op Kersdag dood nadat twee groepe mense in 'n bloedige bakleiery betrokke geraak het. Foto: Verskaf

Lede van die weermag is ook ontplooi.

Mfazi het ’n beroep gedoen op mense in die gebiede waar die bakleiery was om kalm te bly en die polisie by te staan met die ondersoek.

Genl. Liziwe Ntshinga, polisiekommissaris van die Oos-Kaap, het Woensdag ’n uitgebreide operasie gelei in die berge in die omgewing waar die moorde plaasgevind het.

Oscar Mabuyane, premier Oos-Kaap, het die voorval veroordeel en sê dit was glo die gevolg van faksieverskille van plaaslike taxi-organisasies.

Hy het daarop gewys dat geweld ’n misdaad is en geen probleme kan oplos nie.

“Ons keur die geweld as oplossing tot enige dispuut of verskille tussen individue en groepe in die provinsie ten sterkste af.”

Enigeen met inligting oor die voorval kan Stop Misdaad by 086 00 10111 of hul naaste polisiekantoor bel.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Kersdag  |  Aangekeer  |  Bakleiery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.