Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 vas ná vrou in kaping in Bramley doodgeskiet is
Isabel van Coller
Isabel van Coller Foto: Verskaf

Ses mans is Vrydagaand in ’n taverne in Alexandra, Johannesburg, in hegtenis geneem etlike ure nadat Isabel van Coller by ’n verkeerslig in ’n motorkaping doodgeskiet is.

Van Coller se motor wat Vrydag in Alexandra gevind is. Foto: David Tembe JMPD/Twitter

Die 56-jarige Van Coller, ’n boekhouer by Emer-G-Med-ambulansdiens, het Vrydagoggend omstreeks 05:24 met haar Kia by ’n verkeerslig op die hoek van Dublin- en Cunningstraat in Bramley in die noorde van Johannesburg stilgehou toe vier mans op haar afpyl en die deur oopruk. Beeldmateriaal van kringtelevisiekameras toon dat sy in die kop geskiet en uit haar motor geslinger is voordat die mans met die voertuig weggejaag het. Haar lyk is in die pad gelos.

Van Coller, wat op pad was werk toe, se motor is later in Alexandra gevind.

“Die polisie het onmiddellik ’n reaksieplan in werking gestel en Vrydagaand in ’n intelligensie-gedrewe operasie op ’n taverne in 4de Laan in Alexandra toegeslaan,” het brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, Saterdag gesê.

“Ses mans is aangekeer wat met die moord en kaping verbind word,” het Peters gesê.

“Dié mans kan moontlik ook verbind word met drie ander rooftogte in Oktober by ondernemings in die omgewing van Bramley en Alexandra. Die polisie soek na nog ses mans wat by die rooftogte betrokke was.

Die ses mans wat by die taverne gearresteer is, sal Maandag in die landdroshof in Alexandra verskyn,” het Peters gesê.

Nooddienste was op die toneel toe Isabel van Coller Vrydagoggend by ’n verkeerslig in Bramley, Johannesburg, tydens ’n kaping doodgeskiet is. Sy was op pad werk toe. Foto: Verskaf
Meer oor:  Isabel Van Coller  |  Bramley  |  Johannesburg  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.