Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 vas toe polisie op yskaste vol vleis afkom
Konst. Tshepang Khaka, speursersant Mokone Malenga en ao. Matsobane Mokau by van die vleis waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Sapd

Polisielede in Winburg het op ys- en vrieskaste vol vleis beslag gelê, terwyl nog vars geslagte karkasse selfs in beddegoed weggesteek was.

Dit word verbind met vee ter waarde van R72 000 wat Maandag op ’n plaas in die omgewing gesteel is, sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.

Makhele sê polisielede van die veediefstal-tak op Bultfontein het op ’n wenk reageer en Woensdag huise besoek waarvandaan vleis in die Makeleketla-woonbuurt verkoop word.

Volgens Makhele tree polisielede tans op in die veldtog vir ’n veiliger feesgety.

Makhele sê vleis ter waarde van R30 000 is gevind. Ses verdagtes, tussen 35 en 50 jaar oud, sal Vrydag in Winburg in die hof verskyn.

Ao. Matsobane Mokau, speursersant Mokone Malenga en konst. Tshepang Khaka het saamgewerk om die ses mans vas te trek.

’n Saag waarmee karkasse opgesaag is. Van die vleis was in beddegoed versteek. Foto: SAPD
Vleis in ’n yskas waarop die polisie afgekom het. Foto: SAPD

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.