Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 vas wat minibusse onwettig skut

Ses mans wat glo “patrolliemotors” gebruik het om minibusse onwettig te skut, is vandeesweek in Krugersdorp in hegtenis geneem.

Die mans, van die Wes-Rand in Gauteng, is in hegtenis geneem vir afpersing, roof en intimidasie, het Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse metropolisie, by navraag aan Netwerk24 bevestig.

Daar is ook op die groep se “patrolliemotors” beslag gelê wat hulle na bewering gebruik het om minibusse, waarvan sommige in private besit en ander die eiendom van maatskappye is, onwettig te skut.

Na bewering is ’n “ontslag-heffing” van R2 500 gevra alvorens die eienaars die taxi’s kon terugkry.

Nog slagoffers word gevra om na vore te kom en die polisie in Krugersdorp te kontak.

Intussen is vier minibusse aan hul eienaars terugbesorg, volgens die Gauteng-metropolisie se Twitter-blad.

• In ’n onverwante voorval het die polisie in Gauteng in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe vandeesweek toegeslaan op ’n bende wat vermoedelik motors in die provinsie gekaap het.

Die BMW wat na bewering gekaap is.

Twee mans van onderskeidelik 48 en 49 is Donderdag in Bedfordview aan die Oos-Rand in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op ’n BMW wat vermoedelik in Alberton gekaap is.

Die polisie se eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad het inligting ontvang oor ’n bende wat moontlik verantwoordelik is vir die diefstal en kaping van motors in die Bedfordview- en Germiston-omgewing.

’n Span bestaande uit polisiebeamptes en ander wetstoepassingsbeamptes is saamgestel om die bende op te spoor.

Die BMW met drie insittendes is Donderdag in Bedfordview voorgekeer. Die insittendes het op die polisie begin skiet en weggejaag. Hulle is ná ’n jaagtog vasgekeer.

Twee mans is in hegtenis geneem en nog een het ontsnap. Een van die mans is onder polisiebewaking hospitaal toe geneem weens beserings wat hy in die skietery opgedoen het.

Volgens die polisie blyk dit dat die motor wat die mans gebruik het vroeër in Alberton gekaap is. Die ondersoekspan het inligting opgevolg oor ’n adres waar een van die mans woon en afgekom op motoronderdele, instrumente wat gebruik word in die diefstal van motors, asook registrasieplate van motors wat óf as gesteel óf gekaap aangemeld is, luidens ’n verklaring.

https://twitter.com/GTP_Traffstats/status/1399794100761673730?s=19

http://www.saps.gov.za/newsroom/selnewsdetails.php?nid=32983

Meer oor:  Krugersdorp  |  Polisie  |  Taxi  |  Minibus  |  Diefstal  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.