Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 vasgetrek ná plaasaanval by Malmesbury

Flink optrede deur boere en vrywilligers van Malmesbury het daartoe gelei dat ses vermeende plaasaanvallers in hegtenis geneem is.

Hulle was deel van ’n groep van sewe gewapende aanvallers wat op ’n plaas langs die Klipheuwelpad toegeslaan het. Een word nog gesoek.

Die aanvallers het glo vier vuurwapens, ’n mes en ’n panga by hulle gehad.

Die polisie in Malmesbury en Klapmuts het die voorval Saterdagaand bevestig en gesê niemand is dood in die aanval nie.

Netwerk24 verneem egter die plaaseienaars is ernstig aangerand, maar dit kon nie onafhanklik bevestig word nie.

Een slagoffer het glo wonde aan die kop, ’n meswond en ’n voetbesering. Dit is nie duidelik hoeveel slagoffers betrokke is of wat die aard van die beserings is nie.

Meer oor:  Malmesbury  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.