Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 verdagtes vas weens verskeie moorde

Nadat die Qwaqwa-gemeenskap in die Vrystaat sedert die begin van Februarie deur tien moorde en vier verkragtings geruk is, het die polisie bekend gemaak dat ses verdagtes intussen in verband met dié misdade, wat onderskeidelik in die Mangaung-, Phamong-, Riverside- en Phuthaditjhaba-woonbuurt gepleeg is, aangekeer is.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê lede van die Namahadi-speurdiens, Phuthaditjhaba se honde-eenheid en die gewapendereaksie-eenheid het drie verdagtes tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie die afgelope week aangekeer.

Die drie verdagtes word verbind met die moord op drie mans en twee vroue in Riverside. Die vroue is ook verkrag.

Mophiring sê polisielede het ook ’n man (21) van die Thibella-woonbuurt aangekeer nadat hy en ’n makker twee mans op 12 Februarie met ’n mes doodgesteek het. ’n Derde man wat hulle na bewering aangeval het, is in ’n kritieke toestand met steekwonde aan sy maag in ’n hospitaal opgeneem.

Die makker is daarna in ’n voorval van boendoegeweld deur lede van die gemeenskap doodgemaak.

Inwoners het hom met verskeie voorwerpe aangerand en hom bewusteloos in die strate van Thibela gelos.

Die 21-jarige man wat nou in hegtenis geneem is, het toe gevlug.

Tussen Dinsdag en Donderdag die week het die polisie twee verdagtes wat na bewering twee vroue vermoor en verkrag het, aangekeer. Die vroue se lyke is op 5 Februarie naby die Setsing-winkelkompleks gevind. Hulle word ook glo verbind met die moord op ’n onbekende man wie se lyk dieselfde dag in ’n veld naby die Phamong-woonbuurt gevind is.

Die ses verdagtes is tussen die ouderdomme van 20 en 40 jaar en verskyn na verwagting Vrydag in die landdroshof in Phuthaditjhaba.

Meer oor:  Vrystaat  |  Polisie  |  Operasie  |  Aangekeer  |  Misdaad  |  Ses  |  Verkragting  |  Moorde  |  Verdagtes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.