Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6 vir misdrywe in Kaapstad vas
Die polisie het op hierdie 9 mm-pistool en ammunisie in Lavender Hill beslag gelê. Foto: SAPD
Die dagga waarop die polisie Saterdagaand by ’n onderneming in 7de Laan, Kensington, beslag gelê het. Foto: SAPD
Die haelgeweer wat drie mans gebruik het om minibustaxi-passasiers in Athlone te beroof. Foto: SAPD

’n 45-jarige Tanzaniese burger verskyn Maandag in die landdroshof in Kaapstad nadat hy Saterdagaand in Kensington met 180 kg dagga in sy besit deur die polisie betrap is.

Die dagga het ’n geskatte straatwaarde van sowat R350 000.

In ’n ander voorval die naweek het lede van die polisie in Steenberg Donderdag twee mans in Weltonstraat, Lavender Hill, in hegtenis geneem. Die polisie het omstreeks 03:00 twee verdagtes gewaar. Toe die mans die polisie sien, het hulle weggehardloop. Die polisie kon hulle egter aankeer.

Die mans, 26 en 27 jaar oud, is deursoek en ’n 9 mm-vuurwapen en ammunisie is in een van hulle se besit gekry.

Hulle sal volgens sers. Noloyiso Rwexana in die landdroshof in Wynberg verskyn.

In ’n voorval Woensdag het die polisie in Athlone drie mans wat passasiers in ’n taxi in Belgravia beroof het, in hegtenis geneem.

Volgens Rwexana het die polisie ’n haelgeweer en twee selfone by die mans gekry. Die haelgeweer is glo gebruik om die mense in die taxi te dreig.

Meer oor:  Kaapstad  |  Kensington  |  Dagga  |  Misdaad  |  Dwelmhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.