Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6de verdagte in hof ná moord op polisielid

’n Sesde verdagte het in verband met die moord op ’n polisiekonstabel van Koffiebaai in die Oos-Kaap in die landdroshof in Mqanduli verskyn.

Die voorval het meer as ’n maand gelede, op 3 Desember, plaasgevind toe ’n bende konst. Lonwabo Soga doodgeskiet het.

Die verdagtes het sy kollega konst. Siyabonga Nani by die agterkant van ’n polisievoertuig in gedwing waar Soga se lyk gelê het.

Die twee konstabels was aan diens toe hulle deur ses mans in ’n bakkie genader is.

Soga, in die bestuurdersitplek, is deur twee van die mans genader terwyl twee ander aan Nani se kant van die voertuig was, sê Anelisa Ngcakani, Valke-woordvoerder.

“Een van die verdagtes het aan die passasierskant gestaan en Soga geskiet. Hy is op slag dood. Die verdagtes het toe Nani, wat nie gewapen was nie, gevra om Soga se lyk agter in die voertuig te laai. Nani is toe gedwing om ook in te klim,” sê Ngcakani.

Die bende het met die polisievoertuig na ’n winkel gery waar ’n veiligheidswag gedwing is om die hek oop te maak.

“Daar word beweer dat die verdagtes na die eienaar se huis gegaan het en aangedring het op R3 000, drank en tabak. Die verdagtes het na bewering met behulp van die winkeleienaar se Nissan Navara van die toneel gevlug. Die voertuig is op pad na Mqanduli langs die pad gelos.

Die polisievoertuig is op die misdaadtoneel gelos met Nani, wat nog in die agterkant van die voertuig vasgekeer was.

Bonginkosi Ndevu (27) is Woensdag in verband met die voorval in Qunu in hegtenis geneem.

Afika Bavu (21), Afikile Nabo (27), Xhantilomzi Ntshinga (27) en Lubabalo Hlomendlini (37) is op 6 Desember in hegtenis geneem.

Anela Pencil (31) is vyf dae later vasgetrek. Hy is intussen na bewering deur Ndevu in ’n stryery met ’n onbekende voorwerp gesteek, sê Ngcakani.

“By die inhegtenisneming van die eerste verdagte het die span op ses vuurwapens beslag gelê, asook ammunisie. Polisietoerusting waaronder boeie, ’n glimbaadjie en ’n handradio is ook gekry.”

Al ses verdagtes sal na verwagting weer op 22 Januarie in die hof verskyn. Aanklagte van moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede staar hulle in die gesig.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Koffiebaai  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.