Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
6de verdagte vas ná moord op akteur

’n Sesde verdagte is in verband met die moord op die akteur, Dumisani Masilela, in hegtenis geneem.

Masilela is verlede jaar in Thembisa aan die Oos-Rand in ’n kaping dood.

Dumi Masilela Foto: Channel24

Hy het die rol van Sifiso in die sepie Rhythm City vertolk. Vroeër daardie jaar is hy en die Muvhango-aktrise, Simphiwe Ngema, getroud.

Die polisie het vasgestel dat ses persone by die moord betrokke was. Vier verdagtes is verlede jaar in hegtenis geneem en ’n vyfde verdagte is in ’n rooftog dood.

Luidens ’n verklaring deur die polisie sal die sesde verdagte, ’n 34-jarige man, op 20 Augustus in die landdroshof in Benoni verskyn. Die verdagte sal na verwagting by die verhoor van sy beweerde makkers aansluit wat in die hooggeregshof in Pretoria vanaf 8 tot 19 Oktober sal plaasvind.

Luidens die verklaring word al die verdagtes met verskeie motorkapings verbind.

Lt.genl. Deliwe de Lange, Gauteng se provinsiale polisiekommissaris, het in die verklaring die span wat by die inhegtenisname van die verdagtes betrokke was, bedank.

“Die suksesvolle inhegtenisname vanweë ’n deeglike ondersoek sal daartoe bydra dat ernstige misdade waardeur Gauteng in die gesig gestaar word, verminder.”

Meer oor:  Rhythm City  |  Akteur  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.