Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
7 Delft-moorde: ‘Kameras is nodig; weermag help niks’

Die gemeenskapspolisiëringsforum van Delft sê daar is ’n dringende behoefte aan kringtelevisiekameras in die bendegeteisterde woongebied.

Die gebied het die naweek weer onder misdaad deurgeloop nadat die hoogste moordsyfer die naweek daar aangemeld is. Vyf mense is tussen Vrydag en Sondag vermoor en teen Maandag is nog twee vermoor.

“So teen Maandagmiddag is sewe mense hier vermoor. Een was ’n taxibestuurder wat doodgeskiet is terwyl hy besig was om skoolkinders by hulle huise af te laai,” het Charles George, voorsitter van die forum, gesê.

Hy sê ondanks die ontplooiing van die weermag en ander wetstoepassers in die gebied, lyk dit asof geweldsmisdaad net al meer toeneem.

“Dit was weer ’n woeste naweek in Delft en dit lyk nie juis of die regering belangstel om met oplossings te kom nie.”

Soldate in Blikkiesdorp, Delft. Foto: Edrea du Toit

George sê daar is tans nie een CCTV-kamera in ’n “massiewe” woongebied soos Delft wat aan die stad se beheerkamer gekoppel is nie.

“Hoe beveg ons dan misdadigers as ons met outydse metodes poog om hulle aan te keer. Hoe is dit moontlik dat elke ingang en uitgang in ons woonbuurte op die Kaapse Vlakte nie kringtelevisiekameras het nie?” vra hy.

George sê slegs moderne tegnologie soos hommeltuie en kringtelevisiekameras kan help om misdadigers vas te vat.

“Die regering het dit egter duidelik gestel dat daar nie geld is nie en dat sy begroting nie vir kringtelevisiekameras voorsiening maak nie.”

Hy sê die meeste huishoudings in die gebied vra dat kameras aangebring word sodat misdadigers vinnig vasgevat kan word, maar die regering doen niks om dinge te verbeter nie.

“Daar is net meer verskonings en rompslomp as ons vrae vra,” kla hy.

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Delft  |  Moord  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.