Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
7-jarige verkrag: ‘Maak lys van seksoortreders bekend’
Lede van Groep D van die polisie in Kimberley staan by die geskenke wat hulle aan ’n sewejarige verkragtingslagoffer geskenk het. Foto: Verskaf

Verskeie organisasies het hulle ontferm oor ’n sewejarige meisie van Kimberley, wat deur haar 60-jarige stiefpa en twee familielede verkrag is.

Die burgerregteorganisasie Action Society sê hy doen ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa en die regering om die nasionale register vir seksoortreders (NRSO) aan die publiek openbaar te maak.

Die organisasie sê dít wat met die meisie gebeur het, is ’n bewys daarvan dat die name op die NRSO bekend gemaak moet word.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, is die meisie sedert Januarie vanjaar gruwelik deur die drie mans mishandel en verkrag.

Die mishandeling het verlede Vrydag aan die lig gekom.

’n Mediese ondersoek het gewys dat die meisie aan seksueel oordraagbare siektes ly.

Daleen Gouws, woordvoerder vir Action Society, sê die regering moet die NRSO openbaar maak sodat gemeenskappe die veiligheid van hul kinders kan verseker.

Die organisasie het in Junie die “Ken jou buurman-projek” gedurende Nasionale Kinderbeskermingsweek van stapel gestuur.

“Ons moet weet wie die oortreders is. Ons neem aan dat ons geliefdes deur veilige mense omring word – maar is hulle? Ken ons regtig ons bure? Wie in ons gemeenskappe is op die register?”

Action Society het die publiek gevra om ’n versoekskrif by www.actionsociety.co.za/national-register te onderteken.

Ons moet weet wie die oortreders is. Ons neem aan dat ons geliefdes deur veilige mense omring word – maar is hulle? Ken ons regtig ons bure? Wie in ons gemeenskappe is op die register?

Lede van Groep D van die polisie in Kimberley is ook deur die meisie se storie geraak en het geld geskenk om vir haar ’n kospakkie, sagte speelgoed, komberse en soetgoed te koop.

Die lede het Woensdag die skenking by die meisie en haar voog, in wie se sorg sy geplaas is, afgelewer.

Die provinsiale hoof van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in die Noord-Kaap (GKS), brig. Nicky Mills, sê die trauma en lyding wat die meisie moes verduur, het die lede so emosioneel geraak dat hulle na haar wou uitreik.

Mills sê die polisie gaan die meisie ook help om ’n geboortesertifikaat te bekom, aangesien sy nie een het nie.

Tydens Jeugmaand het die GKS-eenhede van die Noord-Kaap kinders wat slagoffers van geslagsgeweld was, met geskenkpakkies bederf.

In Postmasburg is die dag vir drie seuns en twee meisies van tussen sewe en tien jaar oud opgehelder toe die polisie hulle besoek het.

Karin Warnich, ’n weldoener, het maskers en lekkernye aan die kinders geskenk. Kospakkies is deur die Matla A Bana-organisasie aan die ouers van die kinders geskenk.

Ramatseba sê die polisie verwelkom ook die vonnis van 20 jaar wat ’n verkragter van De Aar opgelê is.

Die 21-jarige man het ’n 11-jarige seun op 30 Julie 2017 verkrag. Die man is in Januarie 2019 in hegtenis geneem, waarna hy in die Petrusville-landdroshof aan verkragting skuldig bevind is.

Meer oor:  Kimberley  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.