Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
7 rowers sterf in voorvalle in Durban

Twee gewapende rowers is Woensdagoggend in ’n huisrooftog in Westville in Durban doodgeskiet.

Garrith Jamieson van die Red Line Response-nooddienste sê ’n derde man, glo ook een van die rowers, is etlike kere raakgeskiet en ernstig gewond.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê drie rowers het omstreeks 06:45 by ’n huis in Gracelaan in Westville ingebreek.

Die toneel in Westville, Durban, waar twee huisrowers Woensdag doodgeskiet is. Foto: Red Line Response

Volgens Jamieson is die huis naby die Westwood-winkelsentrum.

Gwala sê die drie mans het die huisbewoners aangerand en van waardevolle items beroof.

Daar was glo ’n bakleiery en die eienaar van die huis het glo op die drie mans geskiet.

Volgens Gwala is twee mans op die toneel dood en paramedici het ’n derde vir verskeie skietwonde behandel.

Dié vermeende rower is in ’n bedenklike toestand onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem.

Gwala sê die polisie ondersoek klagte van gewapende roof, poging tot moord, en ’n geregtelike doodsondersoek sal na die twee rowers se dood gedoen word.

In ’n afsonderlike voorval is vyf vermeende rowers Dinsdagaand in Durban ná ’n jaagtog met die polisie dood.

Kol. Thembeka Mbele sê lede van die polisie se honde-eenheid het omstreeks 17:30 inligting oor ’n gesteelde voertuig opgevolg. Die voertuig is glo in kapings en rooftogte in Pinetown, Umbilo en in die Berea-gebied gebruik.

Die polisie het die voertuig op die M7-hoofweg op pad na Bellair opgemerk, waarna die verdagtes weggejaag het.

Mbele sê die voertuig het op die M7 na Malvern teen ’n sementpaal vasgery en toe deur ’n baksteenmuur geploeg. Van die mans in die motor het steeds op die polisie geskiet, waarna die bestuurder in Woodlands-laan beheer oor die motor verloor en dit het omgeslaan het.

Al vyf die insittendes, wat in hul 30’s was, is op die toneel dood.

Die polisie het op drie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie beslag gelê.

Mbele sê die vyf mans word verbind met ’n sakerooftog Woensdag in Umbilo, asook met ’n motorkaping dieselfde oggend in Pinetown.

Die motor waarin die vyf mans verongeluk het, is in Junie in ’n gewapende huisrooftog in Newslands-oos gesteel.

Meer oor:  Durban  |  Sterf  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.