Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
7 van beweerde sindikaat in Swartruggens vas

Die polisie in Noordwes het ’n groep mense wat glo deel is van ’n diefstalsindikaat in Swartruggens, fyn dopgehou voordat hulle toegeslaan en sewe van hulle vasgetrek het.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die provinsie, sê in ’n mediaverklaring hulle het Donderdag in die dorp se landdroshof verskyn nadat hulle Maandag in hegtenis geneem is. Hul ouderdomme wissel van 23 tot 28 jaar. Die sewe bly in aanhouding tot hul volgende verskyning op 4 Desember.

Die polisie se optrede het gevolg nadat hulle inligting gekry het oor ’n sindikaat wat blykbaar besig was om ’n inbraak by ’n winkel in Swartruggens te beplan. “Die huis waar die lede van die sindikaat glo skuil, is daarna in die Borolelo-township buite die dorp geïdentifiseer,” sê Myburgh.

Die groep het Maandagaand glo by ’n plaaslike klerewinkel en ’n supermark ingebreek. Hulle het glo gevlug nadat ’n alarm afgegaan het, en teruggekeer na die huis en Borolelo. Die polisie het hulle ingewag en die mense in die huis vasgetrek. Hul klere was nat en modderig. Vermoedelik gesteelde klere en kruideniersware is in die huis gevind, sê Myburgh.

Die beskuldigdes word aangekla van inbraak en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Meer oor:  Swartruggens  |  Misdaad  |  Sindikaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.