Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
7 vas by De Doorns nadat TV’s van lorrie gebuit is

Sewe mense is in De Doorns in hegtenis geneem nadat die polisie in die Wes-Kaap hul soektog na gesteelde goedere wat Donderdag vanaf vragmotors op die N1-snelweg gebuit is, voortgesit het.

Die vragmotors wat Donderdag geplunder is.

Die N1 by De Doorns in die Hexriver-vallei was oornag gesluit ná ’n dag waarop betogers in die dorp moles gemaak het.

Inwoners het Donderdag die strate ingevaar in gewelddadige protesoptrede in die gebied, wat Vrydag voortgeduur het.

Die situasie was teen laatmiddag Vrydag nog gespanne met sporadiese klipgooiery wat voorgekom het.

Donderdag is twee vragmotors geplunder en verskeie voertuie met klippe bestook soos inwoners hul misnoeë uitgespreek het oor werkloosheid, lone en die feit dat werk op plase aan buitelanders gegee word.

Betogers het die snelweg met rommel, klippe en brandende bande versper.

Televisiestelle is in die chaos uit ’n vragmotor gebuit. Die bestuurder is ongedeerd, maar is erg getraumatiseer.

Sers. Noloyiso Rwexana sê die ses mans en ’n vrou wat aangekeer is, is tussen die ouderdomme van 25 en 56.

“Die verdagtes is aangekeer vir diefstal en die polisie kon van die gesteelde goedere opspoor.”

Volgens Rwexana duur die polisiesoektog voort.

Kenny Afrika, Wes-Kaapse verkeershoof, het Vrydag gesê die pad is steeds gesluit, maar hulle hoop om binnekort ligte voertuie te laat deurgaan.

“Motoriste gebruik nog die alternatiewe roete deur die dorp, maar die N1 by die informele nedersetting by Stofland bly gesluit,” sê hy.

Meer oor:  Hexriver-Vallei  |  Noloyiso Rwexana  |  Wes-Kaap  |  De Doorns  |  Tv’S
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.