Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
7 vas kort nadat hulle man in bank beroof

Sewe vermeende rowers is Vrydagoggend in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem kort nadat hulle ’n man in ’n bank beroof het.

Die rowers het omstreeks 09:00 die man, wat geld by die Absa wou deponeer, beroof en in twee motors gevlug.

Beamptes van die Matjhabeng-verkeerspolisie, die K9-eenheid in Welkom en die blitspatrollie het blitsig gereageer en hulle aangekeer. Hulle het op die twee motors en die gesteelde geld beslag gelê.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die beamptes het die vermeende rowers se VW Polo, met Lesotho-nommerplate, agternagesit tot waar hulle dit in Vyfdestraat in die nywerheidsgebied voorgekeer het.

Drie vermeende rowers is in hegtenis geneem en die geld is in die motor gekry.

Volgens Makhele het hul ondersoek die beamptes toe na ’n ou winkelsentrum in Thabong geneem waar hulle ’n vierde verdagte aangekeer het.

Die polisie het ook inligting en die beskrywing van die tweede motor, ’n swart BMW met ’n Noordwes-registrasienommer, versprei waarna die motor en sy drie insittendes gewaar en voorgekeer is.

Al drie dié mans is in hegtenis geneem en die motor is gekonfiskeer.

Volgens Makhele is die mans tussen 24 en 57 jaar oud en is hulle van onderskeidelik Gauteng, Bloemfontein, Clocolan en Welkom.

Hulle sal eersdaags in die hof verskyn.

Genl.maj. Solly Lesia, waarnemende polisiehoof van die Vrystaat, het die beamptes geloof vir hul goeie werk en sê die inhegtenisnemings en dat die geld teruggekry is, is ’n aanduiding dat die polisie ernstig is om misdaad te bekamp.

Meer oor:  Welkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.