Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
7 vas ná ‘belegging’ net kluis vol vals geld is

Sewe mans is in hegtenis geneem nadat ’n kluis vol vervalste geld in ’n beweerde bedrogspul aan ’n vrou oorhandig is.

Die verdagtes het die vrou glo in Maart daarvan oortuig om haar werk te bedank en haar spaargeld aan hulle te oorhandig sodat hulle dit kon belê vir ’n reuse-opbrengs, sê kol. Thembeka Mbele, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal.

Toe die kluis aan die vrou oorhandig is, het sy vervalste geld en papier pleks van ’n opbrengs op haar belegging in die kluis gevind, sê Mbele.

’n Saak van diefstal is kort ná die voorval by die Ladysmith-polisiekantoor ingedien.

Polisiebeamptes het Woensdag die sewe mans aangekeer. Hulle word daarvan aangekla dat hulle in die besit van vermoedelik gesteelde eiendom was.

Beslag is ook gelê op ’n onbekende bedrag geld, vervalste geld, 15 selfone, ’n skootrekenaar, verskeie bankkaarte en twee splinternuwe voertuie.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, polisiekommissaris vir KwaZulu-Natal, het die speurders vir die arrestasie geloof.

“Ons kry die soort klagtes gereeld. Daarom waarsku ons altyd mense om nie vreemdelinge met hul hard verdiende geld te vertrou nie.”

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/police-nab-seven-suspects-after-scam-delivers-safe-with-fake-cash-20191116

Meer oor:  Thembeka Mbele  |  Kwazulu- Natal  |  Bedrogspul
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.