Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
7 vas ná moorde by KZN-skole

Sewe mans is Vrydag deur die polisie aangekeer ná skietvoorvalle by twee skole in KwaZulu-Natal, waartydens ’n skoolhoof en ’n Covid-19-inspekteur koelbloedig afgemaai is.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê die Covid-19-inspekteur, ’n 26-jarige vrou, is op ’n skoolterrein in die Vumbu-reservaat in Maphumulo doodgeskiet.

“Die verdagtes het van die toneel gevlug en die polisie is ontbied. Die twee voortvlugtendes, wat gewapen was met ’n haelgeweer en ’n mes, is in ’n woud deur polisiebeamptes vasgekeer,” sê hy.

Volgens Naicker is een man in ’n skietgeveg met die polisie doodgeskiet. Sy makker is daarna in hegtenis geneem. Die polisie het op die haelgeweer, ammunisie en mes beslag gelê.

“Die man sal aangekla word van moord, poging tot moord asook die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Hy is in aanhouding en sal in die landdroshof in Maphumulo op die aanklagte verskyn,” sê Naicker.

Die polisie het Vrydag op ’n R5-geweer, twee rewolwers, agt selfone en die gekaapte motor beslag gelê na ses verdagtes in hegtenis geneem is in verband met die moord op ’n skoolhoof in Msinga, KwaZulu-Natal.Foto: SAPD

In die ander voorval is ’n 46-jarige skoolhoof Vrydagmiddag omstreeks 12:00 by ’n skool in Msinga doodgeskiet.

“Die mans het in ’n motor op die vlug geslaan. Die motor is kort daarna enkele kilometers van die toneel aangetref waar dit aan die brand gesteek is om getuienis te vernietig,” sê Naicker.

“Die mans het toe ’n onderwyseres van dieselfde skool waar die hoof geskiet is, voorgekeer en in haar motor gevlug. Die polisie het die voortvlugtendes in die KwaDolo-reservaat in Greytown ingehaal en van die pad gedwing. Ses mans, tussen die ouderdomme van 26 en 36 jaar oud, is aangekeer en sal Maandag op aanklagte van moord, motorkaping asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in die landdroshof in Greytown verskyn,” sê hy.

Ammunisie en selfone is ook gekonfiskeer.Foto: SAPD

Die polisie het op ’n R5-geweer, twee rewolwers, agt selfone en die gekaapte motor beslag gelê. Die vuurwapens van albei voorvalle sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in ander misdade gebruik is.

Naicker wou nie die identiteit van die oorledenes bekend maak nie.

Muzi Mahlambi, woordvoerder van die onderwys-departement in KwaZulu-Natal, het nie Sondag op navrae oor die voorvalle reageer nie.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Vuurwapens  |  Skole  |  Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.