Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
7 verdagtes van motordiefstal-sindikaat vas

Sewe mans is Sondag by ’n huis in Klaarwater buite Pinetown, KwaZulu-Natal, in verband met gesteelde voertuie in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het metropolisielede Sondag ’n voertuig met vier mans tydens ’n patrollie by die strand in Durban voorgekeer.

“Die voertuig is deursoek en gereedskap is gevind wat gebruik word om voertuie oop te breek en te steel,” sê Gwala.

“Die mans het die polisie en metropolisielede na ’n huis in Klaarwater gelei waar nog drie mense in hegtenis geneem is. Daar is ook op nege gesteelde voertuie beslag gelê.”

Gesteelde voertuie wat Sondag by ’n huis in Klaarwater naby Pinetown gevind is. Foto: SAPD

Volgens Gwala is ’n handgranaat, wat in ’n wasgoedmandjie versteek was, ook in die huis gevind, saam met twee stelle polisieuniforms en spesiale elektriese toerusting wat gebruik word om voertuie se enjinnommers af te vyl.

“Daar is ook R260 000 in kontant gevind en 38 patrone wat onder ’n matras versteek was. Klagte van die besit van plofstof, gesteelde eiendom en onwettige ammunisie word deur die polisie ondersoek,” sê Gwala.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.