Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
7 vermeende dwelmsmouse in Kakamas vasgetrek

Lede van die Kakamas-polisiekantoor en die Valke het sewe vermeende dwelmhandelaars Woensdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.

Brig. Dick de Waal, bevelvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, en sy span speurders het in samewerking met die lede van die eenheid vir misdaadintelligensie in die operasie Project Destroy op die vermeende dwelmsmouse toegeslaan.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die Valke en die eenheid vir misdaadintelligensie hou handelaars se onwettige bedrywighede al ’n geruime tyd dop.

“Die verdagtes het hierdie giftige en onwettige dwelms aan die inwoners van Kakamas en sy omliggende woonbuurte verkoop,” sê Ramatseba.

Die sewe verdagtes, tussen die ouderdomme van 23 en 37, is in drie verskillende huise in hegtenis geneem.

Mandrax-tablette, dagga en kristalmetamfetamien met ’n straatwaarde van sowat R40 000, ’n groot bedrag kontant, vervalste geld, drie selfone en ’n skaal is in die operasie op beslag gelê.

Die sewe verdagtes sal binnekort in die plaaslike hof op aanklagte van dwelmhandel verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Van die dwelms waarop die polisie en Valke in Kakamas beslag gelê het. Foto: Verskaf
Die vermeende dwelmhandelaars is in hul huise in Kakamas in hegtenis geneem. Foto: Verskaf
'n Verdagte word Woensdagoggend in die vroeë oggendure in sy huis in hegtenis geneem. Foto: Verskaf
Meer oor:  Kakamas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.