Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
7 vermeende rowers in Limpopo vasgetrek

Sewe vermeende rowers wat glo by verskeie misdrywe in Limpopo betrokke was, is vroeg Maandagoggend in hegtenis geneem.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die mans is in hegtenis geneem kort nadat hulle glo by ’n rooftog by ’n winkel in Mecklenburg buite Burgersfort betrokke was.

Die sewe vermeende rowers wat in Limpopo in hegtenis geneem is.Foto: SAPD

Polisielede wat vroeg Maandagoggend op die R37-pad buite Burgersfort op patrollie was, het ’n Toyota Quantum wat verdag voorgekom het, probeer voorkeer. Die bestuurder het egter weggejaag.

Mojapelo sê die polisie het hulle agternagesit en die minibus by die Mashamothane Moshate Cross in Mecklenburg van die pad af gedwing.

Sewe mans is in hegtenis geneem. ’n Makker het by die bosse ingehardloop en word deur die polisie gesoek.

Die polisie het op ’n 9 mm-pistool, vier selfone en die Toyota Quantum-bussie beslag gelê. Daar is ook op ’n kragopwekker, wat in die minibus was, beslag gelê. Die kragopwekker is vermoedelik gesteel.

Mojapelo sê die vermeende rowers kan moontlik met ander ernstige misdrywe in die Burgersfort-omgewing verbind word.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof, het die polisie se optrede geloof en sê dit is deel van die voortdurende pogings om misdaad in Limpopo hok te slaan.

Die sewe mans sal eersdaags in die landdroshof op Praktiseer op aanklagte van die besit van gesteelde goedere en die besit van ’n onwettige vuurwapen verskyn.

Enigiemand met inligting wat tot meer inhegtenisnemings kan lei, kan kol. Mahlathini Ngele by 082 573 3645 bel.

Meer oor:  Burgersfort  |  Limpopo  |  Mecklenburg  |  Misdaad  |  Vermeende Rowers  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.