Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wetstoepassers in Kaapstad oor geweld geskors

Sewe wetstoepassers in Kaapstad is vandeesweek geskors oor beweerde polisiegeweld nadat hulle glo inwoners op die Kaapse Vlakte aangerand en geïntimideer het tydens die staat van inperking.

Richard Bosman, uitvoerende bestuurder vir veiligheid en sekuriteit in Kaapstad, sê die metro het verskeie klagtes, insluitende video-opnames, ontvang oor beamptes wat inwoners mishandel.

“Drie beamptes van Capricorn Park is geskors, een vrouebeampte van Groenpunt, en drie van Mitchells Plain,” sê Bosman.

Hy het die beamptes se beweerde dade skerp veroordeel.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê hy veroordeel enige magsmisbruik deur die polisie, metropolisie, stadswetstoepassers en soldate skerp.

“Ek kan nie stilbly te midde van die talle klagtes oor brutaliteit, mishandeling en vernedering wat deur ons inwoners aangemeld is nie,” sê Fritz.

Hy het beklemtoon dat die nasionale ramptoestand wat afgekondig is, inwoners nie van hul reg op waardigheid ontneem nie.

“Alle dade van mishandeling onder die gesamentlike bevel van die SAPD en die SANW sal deur die betrokke entiteit ondersoek word.”

Fritz het inwoners versoek om enige klagtes by die Wes-Kaapse polisieombudsman aan te meld. Klagtes oor die polisie of militêre polisie kan ook by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), of by die militêre ombudsman aangemeld word.

Meer oor:  Polisiegeweld  |  Polisie  |  Inperking  |  Richard Bosman  |  Wetstoepassers  |  Kaapse Vlakte  |  Kaapstad  |  Covid-19-Virus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.