Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
70% van alle plase loop deur onder misdaad

Altesaam 70% van kommersiële boere het in 2017 misdaad ervaar, wys ’n studie van Unisa se Buro vir Marknavorsing onder 1 327 boere oor die omvang van misdaad op plase.

Dan Kriek, president van AgriSA, die afgelope week by Rapport en City Press se Grond-indaba. Foto: Deon Raath

Dit teenoor 7,5% van alle Suid-Afrikaners wat sê hulle was in 2017-’18 ’n slagoffer van misdaad, luidens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se opname oor misdaadslagoffers wat Donderdag bekend gemaak is.

Die Unisa-studie is in opdrag van Agri SA gedoen. Daarin word geraam die totale direkte koste van misdaad op plase (soos herstelwerk en verlies aan inkomste) was sowat R5,45 miljard vir die jaar en die vervangingskoste van gesteelde goedere het sowat R2,28 miljard beloop.

Dit beteken die algehele koste van landbouverwante misdaad was meer as R7,7 miljard.

Landbou dra by tot 3% van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk en is verantwoordelik vir 5% van alle werk in Suid-Afrika.

Die misdade waaroor boere die meeste gekla het, is veediefstal, beskadiging aan infrastruktuur, diefstal en rooftogte.

Volgens SSA se landbousensus van 2002 was veediefstal se totale koste toe R483,6 miljoen en R204,8 miljoen se toerusting en gereedskap is gesteel. Die skade weens saakbeskadiging was R99,5 miljoen.

Die randwaarde van veediefstal in 2017, aldus Agri SA se verslag, is R1,13 miljard.

Brandstigting is in 2017 die tweede hoogste bydraer met ’n totale koste van R917 miljoen, terwyl die diefstal van toerusting en gereedskap met 314% gestyg het tot R848 miljoen.

Saakbeskadiging se totale koste is R687 miljoen, 590% meer as in 2002.

Altesaam 40% van kommersiële boere het veiligheidstoerusting geïnstalleer teen ’n geraamde koste van R1,9 miljard.

Kommerwekkende statistieke in die verslag is die lae hoeveelheid misdaad wat aangemeld is. Slegs 25% van kommersiële boere wat in 2017 misdaad ervaar het, het al die misdade by die polisie aangegee.

Daarenteen het 52% van kommersiële boere party van die misdade op hul plase aangemeld. Die hoofrede hoekom die misdade nie aangegee word nie is omdat 34,7% van die boere voel dit is ’n mors van tyd en nutteloos.

Altesaam 19,1% voel die polisie sou niks kon doen nie, terwyl 14,4% nie die misdaad wou aanmeld nie weens ’n vorige slegte ervaring met die polisie.

SSA se opname toon dieselfde tendense vir die algemene bevolking. Hul opname registreer ’n toename in huisinbrake, diefstalle en aanrandings, terwyl die polisie se amptelike statistieke ’n daling wys.

’n Rede daarvoor kan wees dat die publiek minder misdaad by die polisie aangee, sê SSA.

In 2017-’18 was slegs 54% van respondente tevrede met hoe die polisie misdaad hanteer, terwyl slegs 41% tevrede was met hoe die howe misdaad hanteer.

Volgens prof. Carel van Aardt van Unisa is die Agri SA-studie gedoen onder 1 327 respondente oor die land heen met behulp van landbou-organisasies.

Van Aardt sê min boere in Gauteng het egter deelgeneem omdat die landbou-organisasies in dié provinsie veel kleiner is as in die res van die provinsies.

Meer oor:  Boere  |  Unisa  |  Statistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.