Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
71-jarige het glo 'beplan aan moord op sy vrou'
Fran Carter is in haar huis in die veiligheidskompleks Marina de Gama in Muizenberg vermoor. Hier is sy saam met hul seun, ook William. Foto: Verskaf

’n Vrou van Muizenberg wat in haar huis in die Marina da Gama-veiligheidskompleks vermoor is, se man is van haar moord aangekla. Hy het na bewering beplan om haar om die lewe te bring.

William Carter (71) het Woensdag in die landdroshof verskyn op ’n aanklag van moord met voorbedagte rade op Frances (Fran) Carter (65).

Die egpaar is glo op 17 Oktober in die vroeë oggendure in hul huis oorval. Frances is verskeie kere met ’n mes in haar kop en rug gesteek, terwyl William in die maag geskiet is.

Met die polisie se aankoms Saterdagoggend het hulle William buite die huis gevind, terwyl Frances se lyk op die kombuisvloer gelê het. Hy het gesê twee rowers het by hul huis ingebreek en hulle oorval, sy vrou doodgemaak en hom geskiet. Hy is vir behandeling na die Constantiaberg MediClinic geneem.

Polisieduikers is op dieselfde dag gesien waar hulle glo in die water gesoek het na een van die vuurwapens wat gebruik is in die aanval.

foto
Polisieduikers klim uit die water waar William en Frances Carter aangeval is.

Carter is Maandagoggend ontslaan en die polisie het vir hom gewag. Hulle het hom van sy vrou se moord aangekla.

Daar word beweer hy het Frances met voorbedagte rade vermoor en homself in die maag geskiet om dit te laat lyk asof rowers hulle aangeval het.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolging (DOV), het bevestig Carter het op ’n aanklag van moord met voorbedagte rade verskyn.

Hy het ’n verteenwoordiger van Regshulp SA aangestel om hom te verdedig.

Ntabazalila sê die saak is tot 4 November uitgestel sodat Carter ’n aansoek om borgtog kan indien.

Meer oor:  William Carter  |  Kaapstad  |  Muizenberg  |  Ondersoek  |  Moord  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.