Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
73% van polisiekantore in Vrystaat is onderbeman

73% van Vrystaatse polisiekantore is onderbeman, sê Karabo Khakhau, DA-LPW in die Vrystaat.

Sy sê Bheki Cele, minister van polisie, het in antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA gesê 73,4% van die Vrystaatse polisiekantore is onderbeman op grond van die Verenigde Nasies se aanbeveling oor die verhouding tussen polisielede en landsburgers, naamlik 1:220.

Khakhau sê in ’n verklaring die onderbemanning van polisiekantore keer die polisie in die uitvoering van sy plig om die publiek te beskerm. Daar word van polisielede verwag om ’n doeltreffende diens te lewer terwyl daar ’n nypende tekort aan hulpbronne is, sê sy.

Khakhau sê dit is ’n nasionale bron van kommer dat slegs 16,1% van alle Suid-Afrikaanse polisiekantore en 26,6% van Vrystaatse polisiekantore aan die voorgestelde internasionale norm voldoen.

Dit is bykans onmoontlik vir die polisie om hul werk te verrig wanneer daar eenvoudig nie genoeg lede op skofte is om die mense wat hulle veronderstel om te beskerm, te bedien nie.

“Die DA het ’n beroep op Cele gedoen om voorkeur te gee aan die indiensneming van polisiereserviste om te verseker dat daar genoeg polisiemanne en -vroue op grondvlak is om polisiesigbaarheid in die gemeenskap te verhoog.”

Khakhau sê die DA glo die minister moet begin besnoei aan die begroting van die beskerming van baie belangrike persone (BBP’s). Die geld moet na die voorste linie van polisiëring herverdeel word.

Meer oor:  Polisiekantore  |  Karabo Khakhau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.