Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vrou (74) aangerand toe sy rower betrap

’n Vrou (74) van Touwsrivier in die Wes-Kaap is Dinsdagaand erg aangerand toe sy glo ’n rower in haar huis betrap het.

Stef Groenewald (74) se dogter Alida het op Facebook geskryf dat sy amper nie haar ma herken het ná die aanval nie.

Stef Groenewald (74) van Touwsrivier in die Worcester Mediclinic waar sy behandel word. Foto: Facebook

“Mens mag nie haat nie, sê die Bybel, maar wat doen ’n mens as ’n ding, ’n gemors jou 74-jarige mammie pap slaan dat jy haar amper nie herken nie?” skryf Alida.

“My ma wat nooit ’n harde woord vir iemand het nie, wat haarself kaalgat sal uittrek solank haar kinders versorg is.”

Groenewald word in die Mediclinic Worcester behandel ná die aanranding.

Verskeie besittings is uit Groenewald se huis gesteel.

Alida skryf op Facebook haar ma het “bitter baie pyn en lyk sleg”, en dat hulle wag op die uitslae van X-strale en skanderings. “Ons glo sy sal oukei wees,” sê Alida.

Inwoners beweer dat die rower, wat blykbaar ’n makker buite die huis gehad het, glo bekend is met Stef se huis, en dat sy hom en die makker moontlik voorheen ontmoet het.

Die aanval het skokgolwe deur die rustige dorp gestuur en gerugte het teen Woensdagaand die rondte gedoen dat die twee verdagtes reeds in hegtenis geneem is en van diefstal en aanranding aangekla gaan word.

Volgens inwoners wat anoniem wou bly, is al die gesteelde goedere teruggekry.

Die polisie in Touwsrivier het by navraag gesê hulle is bewus van die voorval, maar kan nie verdere besonderhede verskaf of bevestig dat iemand in hegtenis geneem is nie.

Meer oor:  Touwsrivier  |  Aanranding  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.