Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
8 gesteelde skape in 1 motor!
Sommige van die gesteelde skape lê dood op die grond buite die motor nadat die polisie in Virginia beslag gelê het op die motor. Foto: Verskaf

Polisiebeamptes van Virginia in die Vrystaat het Woensdag in die vroeë oggendure op twee veediewe langs die pad afgekom wat agt gesteelde skape in ’n motor vervoer het.

Die mans het egter weggehardloop toe die beamptes die motor nader.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê vier skape was in die kattebak van die motor en vier op die agterste sitplek. Die skape is vroeër op die plaas Cornelia in die Senekal-omgewing gesteel.

Volgens Khosana was speursers. Madikotsi Mamaseli en konstabels Sello Nkhobo, Connie Williams, Thidiso Mohoboko en Motsamai Radiopane van die Virginia-polisiekantoor besig om na ’n verdagte te soek toe hulle omstreeks 02:00 op die verdagte motor afkom.

Die motor het langs die Virginia-Winburg-pad gestaan en toe die beamptes dit nader, het twee mans uitgespring en in die bosse ingehardloop.

Khosana sê die beamptes het vier skape op die agterste sitplek gekry en nog vier in die kattebak van die motor. Al vier die skape op die agterste sitplek sowel as een in kattebak was reeds dood.

Die motor en die skape is na die polisiekantoor gebring waar die Odendaalsrus-veediefstaleenheid die saak oorgeneem het. Dié beamptes het vasgestel waar die skape vroeër gesteel is.

Die polisie ondersoek steeds aan wie die motor behoort.

Niemand is al in hegtenis geneem nie.

’n Saak van veediefstal is geregistreer en sal na die Ladybrand-veediefstaleenheid oorgeplaas word vir verdere ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.