Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
8 gewond in skietery op Kaapse Vlakte
In ’n vorige skietery in Heideveld is ’n man doodgeskiet.

Daar is Vrydagaand wild en wakker geskiet op die Kaapse Vlakte toe ’n gesin in hul huis én die polisielede wat die skietery gaan ondersoek het, aangeval is.

Die Facebook-blad Heideveld Gangwatch sê agt mense is Vrydagaand in die voorval gewond, onder wie twee kinders van ses en tien jaar oud wat buite gespeel het.

Die skietdrama het kort ná 21:00 begin toe vier gewapende mans uit ’n wit motor geklim het wat in Langkloofsingel geparkeer was.

Die aanvallers het doodluiters by die gesin se erf ingestap, die voordeur oopgestoot en sonder enige waarskuwing wild begin skiet, volgens Heideveld Gangwatch.

Die mans het selfs aanhou skiet toe hulle van die toneel weggevlug het.

Die gewonde mense is na die Heideveld-noodsentrum geneem waar hulle behandel is.

Dit is onbekend waarom juis dié gesin die teiken was van die aanvallers.

Genl.maj. Moses Mamela van die Kaapstadse polisie het die toneel besoek om polisielede moed in te praat nadat hulle ook aangeval is terwyl die skietery ondersoek is.

Plaaslike inwoners het die polisielede en hul voertuie met klippe bestook.

Heideveld Gangwatch sê dit help nie die saak om die gemeenskap te beveilig nie.

Die polisiebeamptes moes vir eers die toneel verlaat toe hulle ook aangeval is, en kon in dié tyd leidrade opgevolg het om die aanvallers aan te keer.

Saterdag het inwoners van Heideveld gesê die sowat 14 000 inwoners van dié gemeenskap moet saamstaan.

“Ons weet waar die mense bly. Kom ons vorm ’n groep en hou ’n optog tot by hulle,” het die Heidevelder gevra.

Meer oor:  Kaapse Vlakte  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.