Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
8-jarige se lyk gekry nadat sy ‘vir losprys’ ontvoer is

Die lyk van ’n agtjarige meisie van Thabong by Welkom wat Maandag by haar skool ontvoer is, is Donderdagmiddag in ’n oop stuk veld gevind.

Bokamoso Shabe se lyk, toegedraai in ’n duvet, is Donderdag in Riebeeckstad by Welkom in ’n oop veld gevind.

Bokamoso Shabe se lyk, toegedraai in ’n duvet, is Donderdag omstreeks 14:30 in Riebeeckstad by Welkom gevind.

Sy was steeds in haar skooluniform geklee.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, is die grusame ontdekking gemaak kort nadat die polisie ’n 46-jarige man weens die meisie se verdwyning ondervra het.

“Die man het hulle na die oop veld geneem waar die meisie se lyk ontdek is.”

Hy sal na verwagting binnekort op ’n aanklag van moord in die landdroshof in Welkom verskyn.

Makhele sê nog ander verdagtes kan binnekort in hegtenis geneem word.

“Ons medelye gaan uit na Bokamoso se familie in die moeilike tyd,” het die Vrystaatse provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Baile Motswenyane, gesê.

“Dit is hartverskeurend vir ’n ouer om ’n kind te verloor, maar dit is verpletterend om ’n kind op hierdie wyse te verloor,” het Motswenyane bygevoeg.

Bokamoso is Maandag die laaste keer omstreeks 13:30 by die Mmantshebo Primary School in Jerusalem Park gesien.

’n Man wat homself Aubrey noem, het die meisie se ouma Maandag sowat twee uur later gebel en ’n losprys van R50 000 geëis. Hy het gedreig om Bokamoso te vermoor as die geld nie aan hom betaal word nie.

Die daaropvolgende dag het ’n vrou wat haarself as Nthabeleng voorgestel het, Bokamoso se ouma omstreeks 08:45 van dieselfde telefoonnommer gebel en ook die geld geëis.

Meer oor:  Bokamoso Shabe  |  Thabong  |  Welkom  |  Lyk  |  Losprys  |  Lyk Gevind  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.