Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
SKOKVIDEO'S: Koeëls vlieg tydens transitorooftog
Een van die geldwaens wat opgeblaas is in Atlasweg in Benoni.

Minstens agt mense is beseer in ’n transitorooftog wat Donderdagoggend in Atlasweg in Benoni gebeur het, het ER24 bevestig.

Ineke van Huyssteen, ’n woordvoerder van ER24, sê twee geldwaens wat kontant vervoer het, is voor 10:00 opgeblaas.

Op videomateriaal op sosiale media kan gesien word hoe geldnote na die rooftog oor die pad gestrooi is.

“Twee van die mense wat beserings opgedoen het was glo omstanders,” sê Van Huyssteen.

Geldnote lê oor die pad gestrooi nadat twee geldwaens in Benoni opgeblaas is.

Die beseerdes is na die hospitaal vervoer.

“Besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie,” sê sy. Die polisie is op die toneel.

Kapt. Mavela Masondo, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Meer oor:  Er24-Nooddienste  |  Rooftog  |  Transito  |  Benoni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.