Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
8 polisielede van Soweto aangekla van moord, marteling

Agt polisielede van die Soweto-eenheid vir misdaadintelligensie wat na bewering ’n man in polisieaanhouding vermoor en twee ander gemartel het, moet op 16 Maart in die Protea-landdroshof verskyn.

Sers. Tumelo Motlhatlhedi (38), konst. Maxwell Lawu (33), ao. Norman Rivele (55), konst. Thato Rabapane (25), konst. Khuthatso Munyai (31), konst. Azwindini Randela (35), konst. Khutso Ralebala (24) en konst. Thabisile Kubheka (29) sal tot met hul volgende hofverskyning in polisieaanhouding bly, het Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), Woensdag gesê.

Die polisiebeamptes het op 23 Februarie drie verdagtes wat vir die besit van dagga en ’n ongelisensieerde vuurwapen in hegtenis geneem is, uit die polisieselle by die Lenasia-polisiekantoor geboek en hulle vir ondervraging na die Protea-polisiekantoor geneem. Een van die verdagtes het tydens ondervraging ineengestort en gesterf. Die ander verdagtes beweer hulle is deur die polisiebeamptes gemartel. Hulle is in die vroeë oggendure van 24 Februarie na die polisieselle in Lenasia teruggeneem.

“Die polisiebeamptes het Dinsdag in die hof verskyn en is aangekla van moord, drie klagte van marteling en ’n klag van regsverydeling. Hulle is na die polisieselle in Kliptown geneem,” het Cola gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.