Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
8 sterf op W-Kaapse paaie, talle vas weens dronkbestuur

Agt mense is die naweek op Wes-Kaapse paaie dood, terwyl talle spoedvrate en dronkbestuurders vasgetrek is.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê die dood van ses voetgangers, een passasier en een bestuurder is sedert Vrydag by die eenheid vir forensiese patologie aangemeld.

“Die ses voetgangers was ’n 60-jarige man in Observatory, ’n 25-jarige man in Kraaifontein, ’n 30-jarige man in Piketberg, ’n 45-jarige man in Klapmuts, ’n 38-jarige man in Philippi en ’n 53-jarige vrou in Bishop Lavis.”

Africa sê ’n 34-jarige passasier is in ’n ongeluk in Philippi en ’n 30-jarige bestuurder in ’n ongeluk in Klapmuts dood. Albei was mans.

29 bestuurders is weens dronkbestuur in hegtenis geneem nadat 1 098 bestuurders vir alkoholgebruik getoets is.

Die hoogste alkohol-lesing was 1,69 mg/1 000 ml wat by ’n bestuurder in Knysna geneem is. Die wettige perk is 0,24 mg/1 000 ml.

Africa sê nege ander mense weens ander oortredings in hegtenis geneem.

“Twee mense is in Worcester vasgetrek weens vals dokumentasie, ’n dronk voetganger is in Oudtshoorn in hegtenis geneem, een persoon is weens die besit van tik in Vredenburg en ’n ander, ook in Vredenburg, weens die besit van Mandrax vasgetrek.”

Africa sê twee onwettige immigrante is in Beaufort-Wes aangekeer en twee bestuurders is weens spoedoortredings in Mosselbaai in hegtenis geneem.

Altesame 176 bestuurders is weens spoedoortredings vervolg. Die hoogste spoed was 168 km/h in ’n 120 km/h-sone in Mosselbaai.

224 boetes is oor die naweek aan bestuurders uitgereik ter waarde van altesame R369 700.

Meer oor:  Kenny Africa  |  Wes-Kaap  |  Padsterftes  |  Voetgangers  |  Ongelukke  |  Dronkbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.